Thursday 3 April 2014

AKTEUR ONDERHOUD: LEANDIE DU RANDT deur Anna Grace


Leandie du Randt is bekend vir haar rol as Mieke in die kyknet tv-reeks, Getroud Met Rugby. Du Randt is bekend as aktrise, aanbieder en model en het ook in die films Egoli-The Movie, Susanna van Biljon, Semi-Soet en Klein Karoo verskyn asook die kort-film Drukkersbloed. Du Randt streef daarna om haar talente na die internasionale toneelbedryf te neem.

Beskryf jouself in 5 woorde?
Leandie du Randt: Emosioneel, passievol en sprankelend.

Wat is jou gunsteling fliek?
LdR: Ek het so baie. My all-time-favourite is Meet Joe Black.

Na watter musiek luister jy op die oomblik?
LdR: Kodaline en One Republic.

Wat is jou gunsteling tydverdryf?
LdR: Lees, series kyk en foto's edit.

Watter sport kyk/ speel jy graag?
LdR: Ek hou nie rerig van sport nie.

As jy enige ander talent kon hê, wat sou dit gewees het?
LdR: Sing.

Wat het jou laat besluit om toneel te speel?
LdR: Ek het dit nie besluit nie, dit is vir my besluit toe die Here my gemaak het. Dit is wie ek is. Dit het my al toe ek 2 jaar oud was gekies.

Wie het jou geinspireer om die bedryf te volg?
LdR: My vriendin, Heloise Janse van Rensburg.

Vir watter optrede was jy al die meeste op jou senuwees?
LdR: Elkeen het 'n andere tipe nervousness agter dit, maar sover was dit Jackie in Klein Karoo. Die kleiner, stiller karakters is baie uitdagend ,en ek het toe nog nooit so ‘n tipe komedie rol gespeel nie.

Met wie het jy al die lekkerste saamgewerk in die toneelbedryf?
LdR: Bouwer Bosch, Hanna Grobler en Hanli Rolfes.

Teenoor watter akteur sal jy graag wil speel?
LdR: Anna Mart van der Merwe en Sandra Prinsloo. Oorsee: Ryan Gosling, Anthony Hopkins, Johnny Depp, Julia Roberts, Kate Hudson en Sandra Bullock.

Aan watter toneelstuk het jy die lekkerste gewerk?
LdR: Ek geniet elkeen uit my hart uit!

Wat was jou grootste uitdaging in die toneelbedryf?
LdR: Om myself as 'n aktrise te vestig en my eerste hoofrol in 'n feature film wat Die Windpomp is. Dit begin 25 April draai in teaters landswyd draai.

Waarna sien jy uit in 2014?
LdR: Die Windpomp wat uitkom en my boek vir tienermeisies wat in Mei uitkom. Sy naam is Gemaklik in jou eie Lyf. Ek sien ook uit na al die films en reekse wat ek die jaar by betrokke is.

Wat is jou 5-jaar plan?
LdR: Ek wil groei as aktrise en my kuns net nog meer en meer uitbrei dat ek op internasionale vlak toneel kan speel. Ek sal ook graag my boek internasionaal wil neem.

Wat is jou planne vir 2014?
LdR: Ek wil planne maak vir my internasionale beroep en om ek wil groei as aktrise in die verskillende rolle wat ek gaan vertolk. Ek wil ook die lewe voluit geniet en compassion vir ander hê, en hulle aan te raak op enige goeie manier.

Wat was jou mees "embarrasing moment"  op die verhoog?
LdR: Ek het op my heel eerste dag van filming op Getroud Met Rugby se stel Kaka en Fifi gesê in plaas van Fafa en Kiki. Dit was nogal embarrassing!

Watter raad kan jy vir jong mense gee wat die bedryf wil betree?
LdR: Doen dit vir die regte redes... Oor jou hart en wese nie sonder dit kan gaan nie. Moet dit nie vir faam of geld doen nie, daardie dinge is skaars en tydelik, maar jou hart  hou vir ewig. Sorg dat jy iets anders ook het waarin jy belangstel of geld mee kan maak.

Du Randt kan in 2014 in die film, Die Windpomp, gesien word. Haar boek vir tienermeisies, Gemaklik in jou eie Lyf, verskyn ook in Mei op die rakke.


 

No comments:

Post a Comment