Sunday 2 March 2014

AKTEUR ONDERHOUD: WILHELM VAN DER WALT deur Anna Grace




Wilhelm van der Walt is ‘n akteur wat bekend vir sy rolle in Stuur groete aan Mannetjies Roux, March the second, P.O.V. en in die teaterproduksie van ‘High School Musical’. Ek het vir hom ‘n paar vrae gevra oor sy rol in die toneelbedryf.

1.Wat is jou gunsteling fliek?
Wilhelm van der Walt: Magnolia

2. Na watter musiek luister jy op die oomblik?
WvdW: Die nuwe Arcade Fire album

3. Wat is jou gunsteling tydverdryf?
WvdW: Fliek en lees

4. Watter sport kyk/speel jy graag?
WvdW: Ek kyk graag rugby en krieket. Ek is ‘n baie groot Cheetahs ondersteuner en ek speel self tennis, muurbal en ‘actioncricket’.

5. Wat het jou laat besluit om toneel te speel?
WvdW: Ek het altyd van kleins af ‘n fasinasie gehad met films en akteurs. Ek is seker dit was die rede. O, en om meer meisies te ontmoet....hehe

6. Wie het jou geїnspireer om die bedryf te volg?
WvdW: Hennie van Greunen en Pedro Kruger

7. Vir watter optrede was jy al die meeste op jou senuwees?
WvdW: Ek was in die verhoogproduksie van ‘High School Musical’. Dit was openingsaand in Hong Kong en baie stresvol...

8. Met wie het jy al die lekkerste saamgewerk in die bedryf?
WvdW: Marthinus Basson

9. Teenoor watter akteur sal jy graag wil speel?
WvdW: My gunsteling akteur is begin Februarie dood, Phillip Seymour Hoffman, ‘n ongelooflike kunstenaar. Ek het altyd gedroom om saam met hom te werk...

10. Aan watter toneelstuk het jy die lekkerste gewerk?
WvdW: ‘n Toneelstuk genaamd Rooiland. Dit het my hele persepsie van teater verander. Dit het my laat besef hoe sterk die krag van teater op gehore kan wees..

11. Wat was jou grootste uitdaging in die toneelbedryf?
WvdW: Rooiland. Fisies en psigies uiters uitputtend gewees.

12.Waarna sien jy uit in 2014?
WvdW: Ek sien uit om my rol as Ty voort te sit op 7 de Laan en dan wag daar ‘n paar opwindende teaterstukke vir later die jaar...

13. Wat is jou 5jaar plan?
WvdW: Ek wil aanhou om toneel te speel. Ek wil ook skryf. My droom is om konstant films te maak en op die verhoog te wees so hopelik kan dit binne 5jaar gebeur....

14. Wat is jou planne vir 2014?
WvdW: Ek wil graag reis aan die einde van die jaar in Suid –Amerika en dan meer in die Kaap kom kuier vir my meisie. ‘Longdistance’ is glad nie lekker nie...

15.Watter raad kan jy vir jong mense gee wat die bedryf wil betree?
WvdW: As jy rêrig voel dis wat jy met jou lewe wil doen, ‘do it all the way!’ Jy moet weet dat daar moeilike tye gaan wees want die bedryf is klein en daar gaan soms nie geld wees nie. Omring jouself met kreatiewe mense sodat jy self geїnspireer kan word. Lees en kyk BAIE toneelstukke. Werk hard en hou moed. As dit is wat jy wil doen, sal deure oopgaan vir jou.

 Wilhelm kan gesien word in 7 de Laan waar hy die rol van Gita(Jo da Silva) se nefie sal aanhou vertolk.

No comments:

Post a Comment