Monday 3 March 2014

KUNSTENAAR ONDERHOUD: PEDRO KRUGER deur Anna Grace

PEDRO KRUGER



Pedro Kruger wat bekend is as "die boytjie van Brackenfell" het sy beroep as kunstenaar begin toe hy in die Laerskool was. Kruger het as jong seun in die teaterproduksies Fiela se Kind en Koggelaar gespeel. Kruger het ook al sy eie teaterproduksies geskryf onder andere Blougat, Lyf, Junkiedrome en Klein-Anna se Lament. Ek het vir hom 'n paar vrae gevra oor sy rol as kunstenaar en akteur in Suid-Afrika.

Wat is jou gunsteling fliek?
Pedro Kruger: Een van my all time gunstelinge is Shawshank Redemption.

Na watter musiek luister jy op die oomblik?
PK: Ek is besig om musiek te skryf vir n nuwe teaterproduksie, so ek luister al wat n fliek soundtrack is vir inspirasie.

Wat is jou gunsteling tydverdryf?
PK: Reis. As ek nie werk nie, reis ek. Dis my beloning as ek baie hard werk.

Watter sport kyk/ speel jy graag?
PK: Ek kyk baie graag tennis en was ook nogals vasgenael voor die TV met die Winter Olimpics.

Wat het jou laat besluit om toneel te speel?
PK: Ek was gelukkig om as kind baie blootstelling en geleenthede te kry in die toneelwêreld. Dit was toe na skool, nie so 'n moeilike besluit om aan dit as beroep te dink nie.

Wie het jou geinspireer om die bedryf te volg?
PK: Nie noodwendig wie nie, maar wat. Die krag van toneel of enige kuns soort, watter effek dit op mense het, dit inspireer my.

Vir watter optrede was jy al die meeste op jou senuwees?
PK: Ek was bevoorreg om my eenpersoon show "Normality" twee jaar terug te doen op Broadway in New York. Ek kan vir jou sê die senuwees was nie min nie. Nie vir die show nie, maar liewer die stemmetjie in jou kop wat die heeltyd fluister - Dis New York, dis New York!

Met wie het jy al die lekkerste saamgewerk in die toneelbedryf?
PK: Ek het al met sulke wonderlike mense saamgewerk, maar die sonder drama en geite bly maar my gunstelinge soos Franci Swanepoel, Margit Meyer-Rodenbeck en Marion Holm.

Teenoor watter akteur sal jy graag wil speel?
PK: Teenoor Sandra Prinsloo en dan ook Shaleen Surtie Richards. Hopelik gebeur dit binnekort. Ek het as kinder akteur teenoor haar gespeel in Fiela se kind, maar sal graag as volwassene teenoor haar wil speel.


Aan watter toneelstuk het jy die lekkerste gewerk?
PK: Ek is tans besig met n produksie getiteld, Wentel, dit is vir KKNK. Dit is bewegings teater. Ek speel saam met die wonderlike Anna-Mart van der Merwe, 'n Engel van ons industrie. Ek kry ook geleentheid om die musiek klankbaan te komponeer. Ons werk HARD, so ek weet nie so lekker van lekkerste produksie nie, maar ek gaan werk toe met n lied in my hart.

Wat was jou grootste uitdaging in die toneelbedryf?
PK: Om elke produksie of vertoning weer vars te begin. Vorige suksesse en/of kritiek moet nie oorbloei van een produksie na n ander een nie. Dit is ook moelik om level-headed te bly. Moet nooit dink jy is oulik of goed nie. Moenie te veel pressure op jouself te sit nie, werk net hard en bly dedicated, dan sal die sukses kom.

Waarna sien jy uit in 2014?
PK: 'n Baie besige KKNK en die moontlikheid van n nuwe Liriekeraai reeks.

Wat is jou 5-jaar plan?
PK: Om teater met n goeie standaard te bly maak en om nog baie te reis.

Watter raad kan jy vir jong mense gee wat die bedryf wil betree?
PK: Werk hard. Werk lang ure. Kyk heeltyd waar en by wie jy kan leer. Leer alles wat jy kan van die industrie en as jy dit wil doen om famous te wees - STOP nou. Die belangrikste - pak alles aan met 'n langdurige loopbaan in gedagte. Dit help nie jy is 'n "flavour of the year" akteur of aktrise nie.

Pedro Kruger kan in 2014 by die KKNK gesien word.

No comments:

Post a Comment