Thursday 20 February 2014

AKTEUR ONDERHOUD: VILJE MARITZ deur Anna Grace

Viljé Maritz is 'n Suid-Afrikaanse akteur wat bekend is vir sy rol as Gys Eloff, in Binnelanders op kyknet, asook sy rol as Ben King in die SABC 3 drama, High Rollers. Maritz het ook in Verraaiers, Unto Dust, Donkerland, Die Boland Moorde en Vloeksteen gespeel. Hy het as hoofseun aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad gematrikuleer in 2008. Sy pa is bekende akteur, Albert Maritz. Ek het vir hom 'n paar vrae gevra oor sy rol in die toneelbedryf.

Wat is jou gunsteling fliek?
Viljé Maritz: I am legend, met Will Smith

Na watter musiek luister jy op die oomblik?
VM:
Ek het n groot liking in Bastille!

Wat is jou gunsteling tydverdryf?
VM:
Surf en gym!

Watter sport kyk/ speel jy graag?
VM:
Surfing, swem, krieket, touch rugby, atletiek. Ek is bietjie van n all rounder!

Wat het jou laat besluit om toneel te speel?
VM:
Dis maar n passie, en wat beter is daar om te doen, as om jou passie uit te leef!

Wie het jou geinspireer om die bedryf te volg?
VM:
Groot name soos onder andere, Paul Eilers, Gys de Villiers en Frank Opperman.

Vir watter optrede was jy al die meeste op jou senuwees?
VM:
Toneel werk, onder andere brein bliksem in 2008 vir Hennie van Greunen en dan my skool toneelstuk Jutro waarin ek opgetree het daardie selfde jaar waar ek nasionale beste akteur vir die ATKV tiener toneel gewen het!

Met wie het jy al die lekkerste saamgewerk in die toneelbedryf?
VM:
Paul Eilers, my pa, Albert Maritz, Ben Kruger en Gys de Villiers.

Teenoor watter akteur sal jy graag wil speel?
VM:
Frank Opperman, Dawid Minnaar!

Aan watter toneelstuk het jy die lekkerste gewerk?
VM:
Brein bliksem

Wat was jou grootste uitdaging in die toneelbedryf?
VM:
In Brein bliksem was ek n skitsofreen en moes die karakter vol hou vir n hele uur en n half op stage, dit was super uitputtend! Daar was tye waar ek letterlik amper flou geword het op die verhoog!

Waarna sien jy uit in 2014?
VM:
Ek speel in swart water, tans op SABC 2 dinsdae aande 7:30! En dan is daar n paar movies en moontlik n toneelstuk of 2!

Wat is jou 5-jaar plan?
VM:
Om baie goed na myself te kyk en te probeer kyk of ek vaste inkomste kan genereer sodat ek maandeliks weet ek gaan survive en OK wees! Soek standvastigheid!

Wat is jou planne vir 2014?
VM:
Om hard te oefen goed te lyk en bande met vriende op te knap!

Watter raad kan jy vir jong mense gee wat die bedryf wil betree?
VM:
Harde werk sal beloon word, baie harde werk!

Maritz kan in 2014 in die drama reeks, Swartwater op SABC2 gesien word waar hy die rol van Werner Steyn vertolk.
 

No comments:

Post a Comment