Tuesday 18 February 2014

AKTEUR ONDERHOUD: KAZ MCFADDEN deur Anna Grace


Kaz Mcfadden is 'n Suid-Afrikaanse akteur, wat op 16 Desember 1984 gebore is. Hy is bekend vir sy rolle in Egoli, Villa Rosa en Binnelanders. Mcfadden is ook bekend vir sy teaterwerk en filmwerk. Hy het die rol van Texan in die teaterproduksie van Vaselentjie gespeel in Artscape. Jy kan hom ook in Bakgat 1 en 2, Die Wonderwerker, Angus Buchan's Ordinary People en Somewhere on the Border sien. Ek het vir hom 'n paar vrae gevra oor sy rol in die toneelbedryf.

Wat het jou laat besluit om toneel te speel?
Kaz Mcfadden: Dit het eintlik nogal perongeluk gebeur. Nadat ek vir die hoeveelste keer by 'n werk afgedank is, het ek 'n kort kursus gedoen en verslaaf geraak.
Wat is jou gunsteling fliek?
KM: In Bruges met Colin Farrel en Brendan Gleeson.

Na watter musiek luister jy op die oomblik?
KM: Ek luister meer Blues as enige iets anders.
Wat is jou gunsteling tydverdryf?
KM: Ek lees ontsettend baie.

Watter sport kyk/ speel jy graag?
KM: Ek kyk graag Rugby en Krieket

Wie het jou geinspireer om die bedryf te volg?
KM: Definitief Shareen Swart.


Vir watter optrede was jy al die meeste op jou senuwees?
KM: My heel eerste KKNK optrede, "Paulus".

Met wie het jy al die lekkerste saamgewerk in die toneelbedryf?
KM: Sjoe daar's baie! Ek geniet dit die meeste om met veterane te werk soos Andre Odendaal, Henry Mylne, Katinka Heyns, Koos Roets, Frank Opperman, Marius Weyers en Dawid Minaar.

Teenoor watter akteur sal jy graag wil speel?
KM: Cobus Rossouw

Aan watter toneelstuk het jy die lekkerste gewerk?
KM: Verseker "Somewhere on the Border" en my lekkerste film was "Die Wonderwerker". Die TV Reeks waaran ek die lekkerste gewerk het is beslis "Pandjieswinkel Stories" wat binnekort te sien is op Kyknet.

Wat was jou grootste uitdaging in die toneelbedryf?
KM: In een van my rolle op "Pandjieswinkel Stories" speel ek 'n 40 jarige. Dit was ontsettend uitdagend gewees.

Waarna sien jy uit in 2014?
KM: Werk.

Wat is jou 5-jaar plan?
KM: Om Teater in Pretoria te kweek.

Wat is jou planne vir 2014?
KM: Ek skryf twee nuwe toneelstukke vir 2014 en "Fladder", 'n one-woman-show wat ek skryf en direct, gaan toer.

Watter raad kan jy vir jong mense gee wat die bedryf wil betree?
KM: Die enigste ding wat jou gaan laat uitstaan tussen die talle hoopvolles is harde werk... Harde werk... Harde werk. Hoe harder jy werk hoe beter gaan jy doen.


 

No comments:

Post a Comment