Sunday 16 February 2014

AKTEUR ONDERHOUD: MARCO SPAUMER deur Anna Grace



MARCO SPAUMER
Marco Spaumer is ‘n plaaslike akteur wat onlangs in die fliek, As Jy Sing, gespeel het. Hy het die rol van een van die militêre manne gespeel. Hy is ook een van die aanbieders op kyknet se program SÊR saam met sy broer, Marcel Spaumer asook Lee Scott. Spaumer het musiekteater aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie gestudeer. Ek het ‘n paar vrae vir hom gevra oor sy beroep en die nuwe films waarin hy hierdie jaar gaan speel, onder andere die nuwe afrikaanse film, Pro.
1. Wat het jou laat besluit om toneel te speel?
Marco Spaumer: Ek was baie skaam op skool, tot ek my broer sien optree het in 'n skoolproduksie. Ek het toe besluit ek wil ook! Ek dink ook dit was nog altyd my roeping - so ek moes net!
2. Wat is jou gunsteling fliek?
MS: Ek het so baie! Alles en enige iets wat met my 'manwees' praat. Soos bv. Gladiator, Into The Wild, The Croods en soveel ander.
3. Na watter musiek luister jy op die oomblik?
MS: Ek is mal oor Joshua Na Die Reën, Anders, en Daughtry se nuutste album!
4. Waarna sien jy uit in 2014?
MS: Ons vat SAND Woordfees toe! My eerste amptelike fees, waar ek optree. En dan Reik Na Die Sterre musical in die Staatsteater, met Willem Botha en my broer.
5. Vir watter optrede was jy al die meeste op jou senuwees?
MS: Sêr-nationals 2012 in Bloemfontein. Ek, Marcel en Lee was die seremoniemeesters vir die aand, voor amper 2000 mense. Dit was wild!
6. Wie het jou geinspireer om die bedryf te volg?
MS: Baie internasionale en plaaslike sterre, Ryan Seacrest en ook Nico Panagio.
7. Wat is jou 5-jaar plan?
MS: Ek wil vryskut aanbieder vir, of Bravo of Top Billing, wees en dan dalk bietjie Binneland doen. Maar meer belangrik, presies in lyn wees met God se roeping vir my lewe: manwees, pa-wees, vriend, broer en totaal onafhanklik van die bedryf!
8. Wat is jou planne vir 2014?
MS: Soveel shows en sukses as moontlik!
9. Met wie het jy al die lekkerste saamgewerk in die toneelbedryf?
MS: Met die manne van As Jy Sing - my militêre ape; Arno Jordaan, Katlego Maboe, Andre Lotter, Johan C Venter en Danie Putter.
10. Watter raad kan jy vir jong mense gee wat die bedryf wil betree?
MS: Werk kliphard en wees so natuurlik en eerlik as moontlik. Moet nooit voorgee nie!
11. Wat is jou gunsteling tydverdryf?
MS: Lees en deesdae surf en 'hiking'.
12. Hoe was dit om te leer om te "surf"?
MS: Moeilik! Maar elke oomblik die moeite werd... Die water doen iets aan jou en die hele ervaring was ongelooflik.
13. Teenoor watter akteur sal jy graag wil speel?
MS: Gideon Lombaard of Wessel Pretorius.
14. Watter sport kyk/ speel jy graag?
MS: Ek kyk rugby en krieket, het op 'n baie jong ouderdom die sport op skool vir kultuur verruil.

Marco Spaumer kan in 2014 gesien word in die fliek, Pro asook in die teaterproduksie, SAND, by die woordfees.

Photo: SAND was amazing...sulke talentvolle mense. Lekker om vir Marco te ontmoet.

No comments:

Post a Comment