Friday 2 May 2014

AKTEUR ONDERHOUD: REYNARDT HUGO deur Anna Grace


Reynardt Hugo het by die Universiteit van Pretoria sy graad in Drama ontvang. Daarna het hy ‘n internasionale rol in die reeks, Life is Wild, ontvang. Hugo het onder andere in die teaterproduksies The F-Word, Anna Frank, Smokey Joe's Café en Boesman my seun verskyn. Huideglik is Hugo veral bekend vir sy rol as Tertius in Binnelanders asook sy rol as lid van die bekende Suid-Afrikaanse groep, Adam.

Beskryf jouself in 5 woorde?
Reynardt Hugo: Stil, gemaklik, vriendelik, perfeksionisties, snaaks

Wat is jou gunsteling fliek?
RH: Shawshank Redemption.

Na watter musiek luister jy op die oomblik?
RH: Armin van Buuren.

Wat is jou gunsteling tydverdryf?
RH: Klere koop.

Watter sport kyk/ speel jy graag?
RH: Krieket en krieket.

Wat het jou laat besluit om toneel te speel?
RH: Ek weet nie. My M-telling was goed genoeg om Universiteit toe te gaan, so toe gaan swot ek Drama.

Wie het jou geinspireer om die bedryf te volg?
RH: Niemand.

Vir watter optrede was jy al die meeste op jou senuwees?
RH: Skouspel 2013, want my ma het in die gehoor gesit.

Met wie het jy al die lekkerste saamgewerk in die toneelbedryf?
RH: Desiré Gardner, "Daleen" in Binnelanders.

Teenoor watter akteur sal jy graag wil speel?
RH: Robert Downey Jr.

Aan watter toneelstuk het jy die lekkerste gewerk?
RH: Boesman my seun.

Wat was jou grootste uitdaging in die toneelbedryf?
RH: Om na 7 jaar by Binnelanders, dit elke keer nuut en vars te hou. Dit is hoe ‘n mens groei.

Waarna sien jy uit in 2014?
RH: Ons nuwe CD wat uitkom, en om te reis.

Wat is jou 5-jaar plan?
RH: Om n suksesvolle Dramaskool te besit, ‘n suksesvolle agentskap te hê, nog toneel te kan speel, nog te kan sing en om ‘n huisie by die see te hê. :)

Wat is jou planne vir 2014?
RH: Om die land te toer met ons nuwe album.

Wat was jou mees "embarrasing moment"  op die verhoog?
RH: Toe ek by ‘n kerkfunksie waar ons moes sing, net in my onderklere en hemp gestaan het op die verhoog. Ek het my skoene en jean opgeveil vir die vrou wat die meeste geld ingesamel het..

Watter raad kan jy vir jong mense gee wat die bedryf wil betree?
RH: My raad is dat jy moet baie seker wees dat jy Drama wil doen. Dit is n baie moeilike industrie en jy moet dit aanpak soos n besigheid. Ons was 95 studente wat by Tukkies geswot het, omtrent 23 het graad gevang en 2 van daardie 23 mense, werk vandag in die industrie...so..be sure dit is wat jy wil doen. Dit gaan nie oor beroemd wees nie en jy moet seker maak dat jy by die regte plek gaan swot!

Reynardt Hugo kan in 2014 gesien word as hy die land deur reis met sy groep, Adam, en kan ook verder as Tertius in Binnelanders gesien word.

 

No comments:

Post a Comment