Tuesday 13 May 2014

AKTEUR ONDERHOUD: HÉLÈNE TRUTER deur Anna Grace


Hélène Truter is bekend vir haar rol in Klein Karoo, Wie laaste lag... en Orkney Snorknie! 2. Sy speel ook in die nuwe televisie-reeks, Pandjieswinkel wat later in 2014 op die televisie verskyn. Truter is bekend as aktrise en regisseur. Ek het vir haar ‘n paar vrae gevra oor haar rol as aktrise en regisseur in die toneelbedryf.

Beskryf jouself in 5 woorde?
Hélène Truter: Impulsief, kreatief, vreesloos, avontuurlustig en ongeduldig.

Wat is jou gunsteling fliek?
HT: Gewoonlik die een waaraan ek op daardie stadium werk. Ek kan die musical Burlesque ook oor en oor kyk.

Na watter musiek luister jy op die oomblik?
HT: Ek is 'n groot Adele aanhanger.

Wat is jou gunsteling tydverdryf?
HT: Ek hou van reis en nuwe plekkies ontdek.

Watter sport kyk/ speel jy graag?
HT: Ek's mal oor rugby, krieket en tennis, maar veral Rugby!

As jy enige ander talent kon hê, wat sou dit gewees het?
HT: Ek wens ek kon sing en dans soos 'n rock star!

Wat het jou laat besluit om toneel te speel?
HT: Dit was nie eintlik 'n besluit nie. Ek het Drama gaan swot maar nooit gedink ek is goed genoeg om 'n lewe daaruit te maak nie.

Wie het jou geinspireer om die bedryf te volg?
HT: Katinka Heyns het na ons skool gekom toe ek 'n kind was.

Vir watter optrede was jy al die meeste op jou senuwees?
HT: Toe ek na 17 jaar se afwesigheid weer op die verhoog geklim het. Die openingsaand van Sophia Mentz op Aardklop.

Met wie het jy al die lekkerste saamgewerk in die toneelbedryf?
HT: Ek het 'n lys so lank soos my arm: Sandra Prinsloo, Pierre Breytenback, Hannes van Wyk, Katinka Heyns en Koos Roets….

Teenoor watter akteur sal jy graag wil speel?
HT: Plaaslik: Dawid Butler, Willie Esterhuizen
Oorsee: George Clooney, Johnny Depp

Aan watter toneelstuk het jy die lekkerste gewerk?
HT: Sophia Mentz beredder haar boedel van PG du Plessis.

Wat was jou grootste uitdaging in die toneelbedryf?
HT: Om nee te sê vir werk.

Waarna sien jy uit in 2014?
HT: My reeks Swartwater (ek het dit geskryf) word hierdie jaar uitgesaai. Middel van die jaar word Pandjieswinkel uitgesaai waarin ek 'n heerlike rol gespeel het.

Wat is jou 5-jaar plan?
HT: Om my winkel Amulet nog verder uit te brei. Om 'n film te skryf. Ek wil finansieël onafhanklik wees en net werk doen wat vir my lekker is.

Wat is jou planne vir 2014?
HT: Ek werk op die oomblik aan 'n film draaiboek. Ek wil meer TV werk doen. Ek werk aan 'n eksklusiewe reeks produkte vir my winkel.

Wat was jou mees "embarrasing moment"  op die verhoog?
HT: My karakter moes by 'n deur inkom, toe sit die ding vas. Ek moes toe noodgedwonge by 'n venster inklim en val toe letterlik in, want my romp was te styf .Toe ek opstaan, was daar nie 'n akteur in sig nie want almal het agter meubels gelê en lag. Gelukkig was die gehoor in op die grap.

Watter raad kan jy vir jong mense gee wat die bedryf wil betree?
HT: Gaan swot eers en begin by verhoogwerk, dit leer jou dissipline.

Hélène Truter se televisie-reeks, Swartwater is tans op SABC 2 op Dinsdae aande om 19:30. Jy kan ook by haar winkel, Amulet, op Hermanus gaaan inloer.

No comments:

Post a Comment