Tuesday 3 June 2014

AKTEUR ONDERHOUD: DIRK STOLTZ deur Anna Grace


Dirk Stolz is ‘n bekende Suid-Afrikaanse akteur wat al onder andere in die films, Safe House, Hoofmeisie en Platteland verskyn het. Stolz het ook al in televisie reekse soos 7 de Laan en Villa Rosa verskyn. Ek het vir Stolz ‘n paar vrae gevra oor sy rol as akteur in die toneelbedryf.

Beskryf jouself in 5 woorde?
Dirk Stolz: Eerlik, beskeie, fun, hardwerkend en lojaal.

Wat is jou gunsteling fliek?
DS: "Shawshank Redemption".

Na watter musiek luister jy op die oomblik?
DS: Ek’s easy, enige iets is nice.

Wat is jou gunsteling tydverdryf?
DS: My dogtertjie,DIY by die huis en gym!

Watter sport kyk/ speel jy graag?
DS: Rugby, cricket en sokker.

As jy enige ander talent kon hê, wat sou dit gewees het?
DS: Beste Rugby speler van alle tye! (hehe)

Wat het jou laat besluit om toneel te speel?
DS: Op skool het ek eenkeer nie geleer vir 'n toets nie, vir my straf moes ek in die skoolplay act.

Wie het jou geinspireer om die bedryf te volg?
DS: Nie wie nie, wat! Die kuns van toneelspel.

Vir watter optrede was jy al die meeste op jou senuwees?
DS: Altyd die volgende een!

Met wie het jy al die lekkerste saamgewerk in die toneelbedryf?
DS: Willie Esterhuizen!

Teenoor watter akteur sal jy graag wil speel?
DS: Daar is te veel! Alle talentvolle akteurs is 'n voorreg om teenoor te speel!

Aan watter toneelstuk het jy die lekkerste gewerk?
DS: "The story of Margaret Harding", my eerste professionele stuk!

Wat was jou grootste uitdaging in die toneelbedryf?
DS: Om te oorleef!

Waarna sien jy uit in 2014?
DS: Om te werk!

Wat is jou 5-jaar plan?
DS: Ek glo nie daaraan nie.

Wat is jou planne vir 2014?
DS: Om bietjie teater te doen.

Wat was jou mees "embarrasing moment"  op die verhoog?
DS: Dit was op die kleinhuisie toe ek op die verhoog moes wees...

Watter raad kan jy vir jong mense gee wat die bedryf wil betree?
DS: Swot,  Swot en nogmaals SWOT! Dink mooi oor waarvoor jy jouself inlaat, want dit is hel daar buite!

Dirk Stolz kan in 2014 in die SABC 2 reeks SWARTWATER, gesien word waar hy die rol van Phillip Steyn speel.

 

 

No comments:

Post a Comment