Sunday 27 April 2014

AKTEUR ONDERHOUD: ALBERT MARITZ deur Anna Grace


Albert Maritz is bekend op radio, die verhoog, televisie en ook  films, nasionaal en internasionaal. Hy is ook bekend as regisseur  en regisseer en vervaardig in 1996, sy eerste professionele produksie vir televisie: “Groot, groter as.... van N.P. Van Wyk Louw”. Maritz het al in verskeie films verskyn onder andere Invictus, Skoonheid, Verraaiers en The Color of Freedom. Hy het ook in televisie-reekse verskyn soos Donkerland, Vloeksteen, Arende en Vallei van die Sluiers. Ek het vir hom ‘n paar vrae gevra oor sy rol in die toneelbedryf.

Wat is jou gunsteling fliek?
Albert Maritz: Daar kom elke paar jaar 'n fliek oor mens se pad wat mooi verfilm is, 'n sterk storie het, sommer goeie akteursspel ook het en die magiese IETS wat mens se lewe aanraak. So 'n fliek is vir my Slum Dog Millionaire, The Life of PI, Philomena en Quartet en ook Pad na jou hart.

Na watter musiek luister jy op die oomblik?
AM: Ek speel deur al my ou kassette en daar is Art Garfunkel, Supertramp, Police en baie ander daarin.

Wat is jou gunsteling tydverdryf?
AM: Ek is mal oor lees en kry regtig min tyd daarvoor, fliek ook en oefen. Tans kry ek dit reg om heelwat fiets te ry en een keer per week skopboks ek in 'n groepklas.

Watter sport kyk/ speel jy graag?
AM: Ek kyk graag rugby, krieket, atletiek, swem en boks - veral as ek kan kant kies. As Suid-Afrikaners selfs gholf speel teen ander lande, kyk ek. Self hou ek van touch rugby, paddleski en sal ek enige iets probeer speel.

As jy enige ander talent kon hê, wat sou dit gewees het?
AM: Om instrumente te speel. Ek het 'n baie goeie oor vir musiek, maar kon nie musiek leer speel nie.

Wat het jou laat besluit om toneel te speel?
AM: Ek is aanvaar by die Universiteit van Kaapstad om 'n kombinasiegraad te volg met wetenskap en tale, maar toe kies ek om 'n drama onderwysgraad op Stellenbosch te doen. Dit was na die weermag en ek en my skoolpelle was verwyder van mekaar vir 2 jaar. Toe ek na universiteit 'n aanbod kry van Marius Weyers om by TRUK te werk, was die koeël deur die kerk. Ek het my HOD deur UNISA voltooi.

Wie het jou geïnspireer om die bedryf te volg?
AM: Ek het baie tyd saam met my pa en sy kollegas in die bedryf deurgebring as klein seuntjie. Ek dink dit het my erg geprikkel.

Vir watter optrede was jy al die meeste op jou senuwees?
AM: Dit gebeur soms. Kom ons kies die laaste een - die laaste opvoering van Land van Skedels op Oudtshoorn vanjaar.

Met wie het jy al die lekkerste saamgewerk in die toneelbedryf?
AM: Daar is baie mense wat dit 'n louter plesier maak. Ek wil amper sê elke toneelstuk wat ek doen, is pure pret.Die opnames van Vloeksteen was om baie redes baie bevredigend.

Teenoor watter akteur sal jy graag wil speel?
AM: Charlize Theron en talle Suid-Afrikaanse akteurs soos Andrew Buckland, Jamie Bartlett, Waldemar Schultz, Isadora Verwey en Petro van den Heever.

Aan watter toneelstuk het jy die lekkerste gewerk?
AM: Die waar ek regisseur was, nie akteur nie.

Wat was jou grootste uitdaging in die toneelbedryf?
AM: 'n Stuk waar dieselfde akteurs  terselfdertyd in twee stukke moes speel, met die stukke wat tegelykertyd speel. Die stukke speel rug aan rug met 'n gordyn tussenin, vir twee gehore wat voor hulle sit. Na pouse ruil die gehore om, en beide stukke speel weer, sodat die gehore sien wat agter aangegaan het.

Waarna sien jy uit in 2014?
AM: Ons verfilm hopelik 'n reeks, en 'n stuk van my besoek Innibos, die lekkerste fees.

Wat is jou 5-jaar plan?
AM: Ek gee dalk volgende jaar weer klas in opvoedkunde, en oorweeg om 'n honneurs daarin te doen. Ek het tot dusver net 'n HOD.

Wat is jou planne vir 2014?
AM: Behalwe vir die reeks en my besoek aan Innibos, is daar hope admin en beplanning vir die toekoms.

Wat was jou mees "embarrasing moment"  op die verhoog?
AM: Dit sou maar in die storielyn wees. Ek is gereeld embarrassed op ander plekke.

Watter raad kan jy vir jong mense gee wat die bedryf wil betree?
AM: Erf eers goed of kyk of jy nie familie in hoë plekke het nie.

Albert Maritz kan in 2014 gesien word waar hy die rol van Berto in Vallei van die Sluiers verder sal vertolk. Maritz kan ook gesien word by die Innibos fees.

Sunday 20 April 2014

KUNSTENAAR ONDERHOUD: JOSHUA NA DIE REËN deur Anna Grace


Joshua na die Reën is ‘n nuwe stem op die suid-afrikaanse musiek  mark wat ons land betower met sy unieke musiek. Die persoon agter Joshua na die Reën is Jacques de Villiers wat self die liriese musiek skryf en sing. Sy musiek is uiters uiteenlopend en van sy bekende liedjies is onder andere Lig op die Horison, Dra die liggies en Hardloop in die veld in. Joshua na die Reën verbaas jou met die uniekheid van sy musiek en met sy musiek wat glad nie tegnies aangepas is nie, kan jy nie help om nog te wil luister nie. Joshua na die Reën se musiek is gebaseer op persoonlik ervarings en is in ‘n klas van sy eie.  Ek het vir Jacques de Villiers ‘n paar vrae gevra oor sy rol in die musiekbedryf.

Wat is jou gunsteling fliek?
Jacques de Villiers: Lord of the rings, The Hobbit, Into the Wild en Nicholas Nicklebe.

Na watter musiek luister jy op die oomblik?
JdV: Coldplay, One Republic, Avicii en Brandi Carlisle.

Wat is jou gunsteling tydverdryf?
JdV: Ek geniet die buite lewe en die natuur. As ek kon, sou ek elke dag net tyd spandeer het om mooi plekke te ontdek.

Watter sport kyk/ speel jy graag?
JdV: Ek hou baie van draf en ek Scuba duik ook so nou en dan. Ek het nie ‘n TV nie, so ek kyk nie regtig sport nie, maar ek het baie respek vir mense wat goed is in sport!

As jy enige ander talent kon hê, wat sou dit gewees het?
JdV: uhm....haha, miskien sou ek mooi wou teken...en miskien break dancing.

Wat het jou laat besluit om te begin sing?
JdV: Ek glo 'n mens het 'n sekere roeping hier op aarde, elkeen sy eie unieke pad. Ek het van kleins af musiek baie geniet en ek was een die gelukkige kinders in die wêreld wie se ouers my drome raakgesien het en my daarin ondersteun het. Ek dink die wêreld stereotipeer baie as dit kom by wat die beste pad is om te volg in die lewe....skool...universiteit....'n goeie graad....werk...kinders..., en dit is asof ons almal begin glo het dit is die enigste pad. Ek is 'n groot voorstaander vir swot en trou, en kinders, maar ek dink as dit kom by wat jou drome is, dan is daar vir elkeen 'n unieke pad wat op die ou einde ook sal voorsien, indien mens hard werk daaraan!

Wie het jou geïnspireer om die sangbedryf te volg?
JdV: Daar is te veel mense wat my geïnspireer het, van kleintyd af, om hulle almal te noem, maar Arnold De Wet, Eugene Jensen, Micheal w. Smith, Hillsong, Jason Upton, my vriende op skool, eintlik amper almal. Ek het altyd probeer om my gevoelens om te sit in musiek, en daarom het almal in my lewe deel daaraan!

Vir watter optrede was jy al die meeste op jou senuwees?
JdV: My laaste klavier eksamen in my 4de jaar. Dit is erg as daar 4 van die beste pianiste in ons land sit en luister vir jou!

Wat was jou mees "embarassingste" oomblik op die verhoog?
JdV: Hahahaha...gelukkig was daar nog nie een nie, maar ek hoop daar kom een!

Saam met watter sanger sal jy graag wil sing?
JdV: Chris Martin van Coldplay.

Watter een van jou optredes was jou gunsteling?
JdV: Definitief op die strand by Gordons baai! Die son het gesak terwyl ons gesing het en dit was asemrowend!

Wat is jou grootste uitdaging in die sangbedryf?
JdV: Om aan te hou hard werk en om altyd te verbeter. Ek wil ook nooit my hart verloor en ophou skryf oor dinge wat my diep raak nie! 'n Mens kan ook vinnig moedeloos raak as jy vergeet wat jou pad is wat jy geroep is om te stap...

Wat was die grootste oomblik in jou beroep sover?
JdV: Toe ek uitvind ek is genommineer vir drie Ghoema toekennings. Dit was so onverwags, ek het nooit gedink dat dit sal gebeur nie. Ek het nie musiek begin maak omdat ek gedink het almal gaan daarvan hou nie, en ek voel baie bevoorreg as ek sien dat my musiek vir iemand iets kan beteken. Dit is seker die hoof rede hoekom ek musiek wil maak. As ek iets kan deel wat vir iemand iets kan beteken, dan voel alles die moeite werd.

Waarna sien jy uit in 2014?
JdV: Ons toer nou binnekort, ek en my band wat ook baie na vriende van my is. Ons toer van Margate af al teen die kus tot in Kaapstad. Ons begin 22 Maart en eindig 7 April. Ek sien regtig uit na elke optrede. Elke gehoor is anders en dit maak elke optrede vir my opwindend! Ek sien ook uit om te sien wat voorlê. Ek het al geleer...afwagting is baie beter as verwagting!

Wat is jou 5-jaar plan?
JdV: Ek besit nie so iets nie...die mens kan planne maak, maar ek het al gesien, vir my werk dit nie. (haha) Ek wag eerder en kyk!

Watter raad kan jy vir jong mense gee wat die sangbedryf wil betree?
JdV: Moet nie iemand anders probeer wees nie, jy moet jou storie aan die wêreld gee. Dit is al wat 'n tydlose impak sal hê, as jy doen wat in jou hart is sal die res verseker volg!

Joshua na die Reën kan in 2014 by verskeie plekke sien waar hy sal optreë saam met sy band. ‘n Mens kan hom ook bespreek vir enige funksie. Volg die volgende link vir meer inligting: http://www.joshuanadiereen.com/kalender/JNDR2014  

Tuesday 15 April 2014

AKTEUR ONDERHOUD: DESIRE GARDNER deur Anna Grace


Desiré Gardner is bekend vir haar rol as verpleegster, Daleen Oosthuizen, in die televisie program, Binnelanders. Gardner het ook in die films Wolwedans in die skemer en Roepman verskyn asook die televisie reeks, 7de Laan. Gardner se van was eers Manthey, maar na haar troue het sy besluit om dit na Gardner te verander. Ek het vir Gardner ‘n paar vrae gevra oor haar rol as aktrise in die toneelbedryf.

Beskryf jouself in 5 woorde?
Desiré Gardner: Skaam, ekstrovert (is ek ja)

Wat is jou gunsteling fliek?
DG: Bridges of Madison County

Na watter musiek luister jy op die oomblik?
DG: Bon Ivor

Wat is jou gunsteling tydverdryf?
DG: Tyd saam met my seuna.

Watter sport kyk/ speel jy graag?
DG: Ek het geen ‘ball sense’ nie, maar ek hou van basketball.

As jy enige ander talent kon hê, wat sou dit gewees het? 
DG:Ball sense’

Wat het jou laat besluit om toneel te speel?
DG: Hoe Lief ek dit het!

Wie het jou geinspireer om die bedryf te volg?
DG: Tobie Cronje.

Vir watter optrede was jy al die meeste op jou senuwees? 
DG: My one-woman-show, Beld, op Universiteit .

Met wie het jy al die lekkerste saamgewerk in die toneelbedryf?
DG: Quanita Adams, Reynardt Hugo, Jacques Bessenger, Lelia Estebeth, Nadia Valvekens, Rolanda Marais, Je-ani Swiegelaar, Dawid Minnaar en ‘n hele paar ander by Binneland. Eintlik is ons hele bedryf vol awesome mense!

Teenoor watter akteur sal jy graag wil speel? 
DG: Daar is te veel om te noem.  ;)

Aan watter toneelstuk het jy die lekkerste gewerk?
DG:Noises Off!

Wat was jou grootste uitdaging in die toneelbedryf?
DG: Om swanger te speel, alhoewel ek nog nooit n baba gehad het nie in Binneland, 2010.

Waarna sien jy uit in 2014?
DG: Al die onsekerheid en opwinding wat wag.

Wat is jou 5-jaar plan?
DG: Née wat, ek loop maar net waar die pad my vat.

Wat is jou planne vir 2014?
DG: Om soveel tyd saam met my James te spandeer en net ‘happy  te wees.

Wat was jou mees "embarrasing moment"  op die verhoog?
DG: Ek het die hond, Fly, in Babe vertolk, en in die middel van die toneel het my stert in die deur vasgehaak en afgetrek. Ek moes sonder n stert en ‘n gat in my ‘suit’ verder perform.

Watter raad kan jy vir jong mense gee wat die bedryf wil betree?
DG: Moet nooit ophou leer nie, en join my en Reynardt Hugo se dramaskool, HUGO AND GARDNER, HEHE.

Desiré Gardner kan in 2014 verder as Daleen Oosthuizen in Binnelanders gesien word.
 
 

Thursday 3 April 2014

AKTEUR ONDERHOUD: LEANDIE DU RANDT deur Anna Grace


Leandie du Randt is bekend vir haar rol as Mieke in die kyknet tv-reeks, Getroud Met Rugby. Du Randt is bekend as aktrise, aanbieder en model en het ook in die films Egoli-The Movie, Susanna van Biljon, Semi-Soet en Klein Karoo verskyn asook die kort-film Drukkersbloed. Du Randt streef daarna om haar talente na die internasionale toneelbedryf te neem.

Beskryf jouself in 5 woorde?
Leandie du Randt: Emosioneel, passievol en sprankelend.

Wat is jou gunsteling fliek?
LdR: Ek het so baie. My all-time-favourite is Meet Joe Black.

Na watter musiek luister jy op die oomblik?
LdR: Kodaline en One Republic.

Wat is jou gunsteling tydverdryf?
LdR: Lees, series kyk en foto's edit.

Watter sport kyk/ speel jy graag?
LdR: Ek hou nie rerig van sport nie.

As jy enige ander talent kon hê, wat sou dit gewees het?
LdR: Sing.

Wat het jou laat besluit om toneel te speel?
LdR: Ek het dit nie besluit nie, dit is vir my besluit toe die Here my gemaak het. Dit is wie ek is. Dit het my al toe ek 2 jaar oud was gekies.

Wie het jou geinspireer om die bedryf te volg?
LdR: My vriendin, Heloise Janse van Rensburg.

Vir watter optrede was jy al die meeste op jou senuwees?
LdR: Elkeen het 'n andere tipe nervousness agter dit, maar sover was dit Jackie in Klein Karoo. Die kleiner, stiller karakters is baie uitdagend ,en ek het toe nog nooit so ‘n tipe komedie rol gespeel nie.

Met wie het jy al die lekkerste saamgewerk in die toneelbedryf?
LdR: Bouwer Bosch, Hanna Grobler en Hanli Rolfes.

Teenoor watter akteur sal jy graag wil speel?
LdR: Anna Mart van der Merwe en Sandra Prinsloo. Oorsee: Ryan Gosling, Anthony Hopkins, Johnny Depp, Julia Roberts, Kate Hudson en Sandra Bullock.

Aan watter toneelstuk het jy die lekkerste gewerk?
LdR: Ek geniet elkeen uit my hart uit!

Wat was jou grootste uitdaging in die toneelbedryf?
LdR: Om myself as 'n aktrise te vestig en my eerste hoofrol in 'n feature film wat Die Windpomp is. Dit begin 25 April draai in teaters landswyd draai.

Waarna sien jy uit in 2014?
LdR: Die Windpomp wat uitkom en my boek vir tienermeisies wat in Mei uitkom. Sy naam is Gemaklik in jou eie Lyf. Ek sien ook uit na al die films en reekse wat ek die jaar by betrokke is.

Wat is jou 5-jaar plan?
LdR: Ek wil groei as aktrise en my kuns net nog meer en meer uitbrei dat ek op internasionale vlak toneel kan speel. Ek sal ook graag my boek internasionaal wil neem.

Wat is jou planne vir 2014?
LdR: Ek wil planne maak vir my internasionale beroep en om ek wil groei as aktrise in die verskillende rolle wat ek gaan vertolk. Ek wil ook die lewe voluit geniet en compassion vir ander hê, en hulle aan te raak op enige goeie manier.

Wat was jou mees "embarrasing moment"  op die verhoog?
LdR: Ek het op my heel eerste dag van filming op Getroud Met Rugby se stel Kaka en Fifi gesê in plaas van Fafa en Kiki. Dit was nogal embarrassing!

Watter raad kan jy vir jong mense gee wat die bedryf wil betree?
LdR: Doen dit vir die regte redes... Oor jou hart en wese nie sonder dit kan gaan nie. Moet dit nie vir faam of geld doen nie, daardie dinge is skaars en tydelik, maar jou hart  hou vir ewig. Sorg dat jy iets anders ook het waarin jy belangstel of geld mee kan maak.

Du Randt kan in 2014 in die film, Die Windpomp, gesien word. Haar boek vir tienermeisies, Gemaklik in jou eie Lyf, verskyn ook in Mei op die rakke.