Dirk Stolz
is ‘n bekende Suid-Afrikaanse akteur wat al onder andere in die films, Safe
House, Hoofmeisie en Platteland verskyn het. Stolz het ook al in televisie
reekse soos 7 de Laan en Villa Rosa verskyn. Ek het vir Stolz ‘n paar vrae
gevra oor sy rol as akteur in die toneelbedryf.
Beskryf jouself in 5 woorde?
Dirk Stolz: Eerlik, beskeie, fun, hardwerkend en
lojaal.
Wat is jou gunsteling fliek?
DS: "Shawshank Redemption".
Na watter musiek luister jy op die
oomblik?
DS: Ek’s easy,
enige iets is nice.
Wat is jou gunsteling tydverdryf?
DS: My dogtertjie,DIY by die huis en gym!
Watter sport kyk/ speel jy graag?
DS: Rugby, cricket en sokker.
As jy enige ander talent kon hĂȘ, wat
sou dit gewees het?
DS: Beste Rugby speler van alle tye! (hehe)
Wat het jou laat besluit om toneel te
speel?
DS: Op skool het ek eenkeer nie geleer vir 'n toets nie,
vir my straf moes ek in die skoolplay act.
Wie het jou geinspireer om die bedryf
te volg?
DS: Nie wie nie, wat! Die kuns van toneelspel.
Vir watter optrede was jy al die
meeste op jou senuwees?
DS: Altyd die volgende een!
Met wie het jy al die lekkerste
saamgewerk in die toneelbedryf?
DS: Willie Esterhuizen!
Teenoor watter akteur sal jy graag
wil speel?
DS: Daar is te veel! Alle talentvolle akteurs is 'n
voorreg om teenoor te speel!
Aan watter toneelstuk het jy die
lekkerste gewerk?
DS: "The story of Margaret Harding", my eerste
professionele stuk!
Wat was jou grootste uitdaging in die
toneelbedryf?
DS: Om te oorleef!
Waarna sien jy uit in 2014?
DS: Om te werk!
Wat is jou 5-jaar plan?
DS: Ek glo nie daaraan nie.
Wat is jou planne vir 2014?
DS: Om bietjie teater te doen.
Wat was jou mees "embarrasing
moment" op die verhoog?
DS: Dit was op die kleinhuisie toe ek op die verhoog moes
wees...
Watter raad kan jy vir jong mense gee
wat die bedryf wil betree?
DS: Swot, Swot en
nogmaals SWOT! Dink mooi oor waarvoor jy jouself inlaat, want dit is hel daar
buite!
Dirk Stolz
kan in 2014 in die SABC 2 reeks SWARTWATER, gesien word waar hy die rol van
Phillip Steyn speel.